Sport
Sport is een van die 3 bene waarop ‘n kind ontwikkel moet word. Die kind word ontwikkel as ‘n individu in spansporte.
Sportindeling per kwartaal:
* Kwartaal 1 – Atletiek.
* Kwartaal 2 – Rugby en Netbal.
* Kwartaal 3 – Krieket, Hokkie, Landloop, Golf, Tennis.
* Kwartaal 4 – Atletiek.
Sporte dwarsdeur die jaar: Hengel en Skaak.
Mini sporte: Rugby, Netbal, Krieket, Hokkie, Tennis.
Beskik ook oor ons eie sport-akademies:
Rugby, Netbal, Krieket & Hokkie.
“Gesonde liggaam huisves ‘n gesonde gees”
Atletiek
Laerskool Rynfield se atletiek is tops!!! Ons neem deel teen al die A-liga skole in Benoni en is al Interlaer ligawenners sedert 2012. Ons het in 2019 7 uit die 8 afdelings by die Interlaer gewen, wat ‘n groot prestasie is.
Elke atleet presteer jaarliks goed en ons is trots op ons atlete wat elke jaar deurdring na die Geater Town, Distrik, Gauteng en SA kampioenskappe.
• Greater Benoni – 75 Atlete
• D 17 – 35 Atlete
• Gauteng – 3 Atlete
• SA’s – Danielle Terblanche (Behaal 3de plek)
Ons begin jaarliks al reeds te oefen in Kwartaal 4 wat ons afrigters gebruik om tegniek reg te kry vir die komende atletiekseisoen.
Kom wees deel van die Rynie Atlete!!
Landloop
Laerskool Rynfield se leerders is altyd superfiks en ons presteer jaarliks baie goed met ons landloopatlete. Ons wen jaarliks die Landloop-liga in die dorp en spog nou al met 6 jaar in ‘n ry as ligawenners. Ons atlete bereik hoë prestasies en het baie atlete wat by Gauteng kampioenskappe deelneem en plekke behaal.
Ons neem ook jaarliks deel aan die Noordvaal Landloop kampioenskappe waar ons kompeteer teen die beste skole en atlete in die Noordelike Provinsies. Ons was algehele wenners in 2017 wat ‘n baie groot prestasie is. Ons dogters was in 2022 ook Noordvaalwenners bekroon.
By Laerskool Rynfield se landloop maak ons jou ‘n fikse kampioen!
Rugby
Laerskool Rynfield se rugby is tops. Ons speel in die hoogste liga by die Valke Laerskole genaamd die Superliga. Ons wedstryde is altyd taai maak nie saak teen watter skool ons speel nie. Ons presteer jaarliks baie goed. Ons is ook 1 van die 5 skole in die Valke streek wat B-spanne aanbied net om seker te maak ons ontwikkel al ons rugbyspelers.
Ons afrigters is almal goed gekwalifiseerd en het van die Top skeidsregters in die Valke-liga.
Ons lewer jaarliks seuns op wat die provinsiale spanne maak vir die O/12 & O/13 spanne.
Netbal
By Laerskool Rynfield word netbal met passie en liefde gespeel en afgerig.
Hier bou ons van O/7 tot O/13 aan die dogters se talente, vaardighede, karakter en ontwikkel hulle om die beste spelers te kan wees.
Ons spog jaarliks met dogters wat verkies word vir die Dorpspanne, asook Distrikspanne en Ekurhuleni spanne. Ons speel huidiglik in die Benoni Dorpliga en eindig algeheel eerste vir die afgelope paar jaar. Ons spanne vaar goed by uitspele en hou die Rynies se naam hoog.
Ons het ook ontwikkelingsgroepe vir die O/7, O/8 en O/9 dogters wat nie die span gemaak het nie en dus kry hulle nog steeds geleentheid om te oefen en hulle vaardighede ook te ontwikkel. Ons mini-spanne (O/7 – O/9) kry ook genoegsame wedstryde deur die loop van die seisoen vir speel.
Ons toer ook jaarliks en bied verskeie Netbalklinieke by die skool aan. Ons het 20 afrigters waarvan 7 Gautenggradering het en die ander distrikgraderings.
By Laerskool Rynfield is netbal tops!! Ons is baie trots op elke prestasie. Met harde oefening kan ons die nodige fondasie lê en al ons drome nastreef en bereik.
Krieket
By Laerskool Rynfield bied ons vir elke leerder ‘n geleentheid om deel te neem aan ons “gentlemen” sport.
Ons het 5 spanne van O/9 tot 1ste span. Ons begin met hardebal te speel van O/9 af, so van jongs af speel die mannetjies groot krieket. Daar is ook Mini-Krieket vir O/7 en O/8 wat dien as ontwikkeling vir die ouer ouderdomsgroepe.
Ons presteer jaarliks baie goed. Ons het 2022 3 uit 5 ligas gewen. Al ons ligawennerspanne neem dan deel aan die Eastern uitspele en die O/9 was in 2021 as Easternwenners bekroon.
Ons is baie trots op ons krieket, kom wees deel van die Krieket by Laerskool Rynfield.
Tennis
Laerskool Rynfield bied tennis aan. Ons Rynies presteer jaarliks baie goed.
Ons bied tennis aan vir Gr. 1 tot Gr. 7 leerders:
1. Mini –Tennis: Gr. 1 tot Gr. 3
2. Tennis: Gr. 4 tot Gr. 7
Tennis is ‘n derde kwartaal sport. Bring jou hoed, tekkies en raket (Juffrou Roneldi het ekstra rakette) en kom probeer vir die tennisspan!
Vir enige navrae kontak vir Juffrou Roneldi.
Jaco, Quade, Annabel en Daniël.
Callum, Regardt, Mereile en Nicolene.
Hokkie
By Laerskool Rynfield kweek ons ‘n liefde vir hokkie! Ons is kompeterend in die liga asook op Oos-Gauteng kampioenskappe. Dit is alles te danke aan toegewyde afrigters wat ‘n passie vir hokkie het.
Tydens die pandemie het ons Hokkie Bokkies en afrigters nie op hul louere gerus nie. Ons het met goedkeuring van die department aan die V1 5’s toernooi deelgeneem, die vriendskaplike liga van 2021 geniet asook Hoërskool Kempton se “binnemuurse” liga aangepak.
Hier ontwikkel ons speler se volle potensiaal deur ons spelers in te skryf vir verskeie toernooie en oefenklinieke. Laerskool Rynfield bied jaarliks ‘n voorseisoen toernooi vir al ons seniorspanne aan.
Toere en oefenklinieke gee vir die spelers die geleentheid om meer te leer en te ontwikkel. Ons toer jaarliks slegs met die O/12 & O/13 dogters terwyl die O/10 & O/11 dogters oefenklinieke in die vakansie, by die skool ontvang.
Ons spog met 7 Oos-Gauteng prestasies wat wissel van wenners tot verskeie spanne wat 3de plek behaal het, van 2015 tot 2019.
By Laerskool Rynfield loop hokkiekoors hoog! Ons Mini-hokkie dogters speel jaarliks in die 3de Kwartaal hokkie. Ons neem elke jaar deel aan verskeie mini-hokkietoernooie.
Ons bou by Laerskool Rynfield die fondasie vir hokkie end dit help om die leerproses te vergemaklik en die nodige kennis op te doen vir hokkie. Ons moedig graag die nodige vaardigehede aan om elke speler die beste hokkiespeelster te maak.
By die mini-hokkie is dit baie belangrik om ‘n liefde vir die sport te kweek. Ons bekwame afrigters geniet dit om hierdie hokkielyfies te ontwikkel.
Kom word deel van die Rynies!!!
o/11 en o/13 is OOS-GAUTENG WENNERS!!!!!
o/13 Hokkiespan speel in Potchefstroom.
Rynie Hengelklub
Laerskool Rynfield bied oewerhengel aan vir die wat hou van visvang. Ons is van die min skole in die Oos-Rand wat op ligavlak deelneem aan die sport.
Ons neem jaarliks deel aan Sentraal & Gauteng skoleliga. Van die leerders in ons spanne dring jaarliks deur na Provinsiale en Nasionale spanne. Ons het ook ‘n jonge damespan in 2023 ingeskryf as gevolg van die positiewe belangstelling.
In 2022 was Laerskool Rynfield bekroon as SA wenners. Ons is ook aangewys as Nasionle kampioene.
Hengelliga:
A-span = 1ste in liga
B-span = 2de in liga
Dogterspan = 3de in liga
Ons is baie trots op die volgende seuns wat verkies is tot die SAVOF en SA Skole hengelspanne wat gedurende die Oktober-skoolvakansie aan SAVOF Junior Toer by Sloep, Bloemhofdam deelgeneem het:
Zanco Gouws – SAVOF A-span
Riaan Hugo – SA Skole A-span
HJ Knoetze – SA Skole A-span
Wessel Pretorius – Skole B-span
Rugen Herholdt – SA Skole B-span
Jan Pretorius – SA Skole B-span.
Welgedaan manne!”
Skaak
By Laerskool Rynfield sit ons ander maklik in SKAAKMAT! Die graad 1 en 2 maats word gou-gou geleer om Mini-skaak te speel en sommer blitsvinnig wen hulle teen Pappa en Mamma. Rynies neem aan Distrikstoernooie asook Provinsiale toernooi deel en spog jaarliks met ‘n klomp skaakspelers wat aan die SA Skaakkampioenskappe deelneem. Ons hoop ons sien ‘n klomp maats vir skaak!
6 Rynie skaakspelers gaan op 11 Mei aan die Distrik Skaaktoernooi deelneem.
Afwesig op foto: Diané Smit
Gholf
Laerskool Rynfield bied Gholf aan vir ons Graad 4 – Graad 7 leerders wat reeds kan speel. Laerskool Rynfield neem jaarliks aan die Ekurhuleni Gholfliga deel. Die liga bestaan gewoonlik uit 2 tot 3 wedstryde, waarna spanne en individue deurdring na die finale. Die finale dien ook as proewe vir die spelers om hulle provinsiale kleure te werf.