Algemeen
Nuusbriewe 2024
Skoollied
Skooldrag
Dogters
Somer:
* Turkoois skoolrok (wanneer ‘n dogter kniel, mag die romp nie korter as 10 cm bo die grond wees nie)
* Turkoois skoolbroekie
* Turkoois sokkies met 2 wit strepies in omslag
* RYNIEDRAG: Ryniehemp en swart kortbroek met turkoois strepie aan die kante by leweransiers beskikbaar – tekkies of kaalvoet
Winter:
* Wit langmou hemp
* Grys V-nek skooltrui of grys V-nek ‘pullover’
* Grys langbroek of grys ‘pinafore’ met swart broekiekouse
* Grys skoolbaadjie (opsioneel)
* Slegs skool Drimac’s word toegelaat
* Slegs swart serpe en handskoene word toegelaat
* Slegs swart Ryniemusse word toegelaat
Hare:
* Slegs wit/turkoois bykomstighede
* Lang hare moet te alle tye vas wees
* Hare mag nie gebleik/gekleur word nie
* Hare wat aan die onderste deel van kraag raak moet vasgemaak word
* Kuif mag nie aan die wenkbroue raak nie
* Hare mag nie in slierte in die gesig hang nie
* Kortgeknipte hare mag nie ‘spikes’-styl wees nie
* Geen jel!
Hande & Naels:
* Geen naellak word toegelaat nie
* Naels moet kort en netjies wees
Juwele:
* Geen juwele of versierings mag gedra word nie, slegs ‘n seëlring, ‘n polshorlosie of mediese plaatjies
* Dogters met gaatjies in hulle ore, mag knoppie (stud) of ‘n ringetjie dra
Skoene:
* Skoene moet met politoer skoongemaak wees
* Slegs swart skoolskoene
Algemeen:
* By oopknoophemde mag nie ‘n t-hemp uitsteek nie
* Slegs skool Drimac’s word toegelaat
* Geen sweetpakke – dis nie skooldrag nie – slegs vir sport
* Ryniedrag Winterdrag: Ryniehemp en swart sweetpakbroek sonder enige strepe, met tekkies en skool Drimac is die enigste drag
Skooldrag
Seuns
Somer:
* Grys kortbroek
* Wit kortmouhemp met sakwapen
* Swart skoolskoene
* Grys skoolkouse met turkoois en wit omslag (altyd opgetrek)
* RYNIEDRAG: Ryniehemp en swart kortbroek met turkoois strepie aan die kante by leweransiers beskikbaar – met tekkies of kaalvoet
Winter:
* Wit langmouhemp (altyd ingesteek)
* Grys V-nek skooltrui of grys V-nek ‘pullover’
* Grys skoolbaadjie (opsioneel)
* Slegs skool Drimac’s word toegelaat
* Slegs swart serpe en handskoene word toegelaat
* Slegs swart Ryniemusse word toegelaat
Hare:
* Netjies kort geknip
* Hare mag nie die ore raak nie
* Die nek moet skoon geknip wees vir minstens 3cm bo die kraag
* Kuif mag nie aan wenkbroue raak nie
* Hare mag nie gebleik/gekleur word nie
* Geen jel
Skoene:
* Slegs swart skoolskoene, geen dik sole nie
* Skoene moet met politoer skoongemaak word
* Geen tekkies
Algemeen:
* By oopknoophemde mag nie ‘n t-hemp uitsteek nie
* Slegs skool Drimac’s word toegelaat
* Geen sweetpakke – dis nie skooldrag nie – slegs vir sport
* Ryniedrag Winterdrag: Ryniehemp en swart sweetpakbroek sonder enige strepe met tekkies en skool Drimac’s is die enigste drag
Skoolgelde
Help ons om 'n toekoms te bou vir ons kinders!
* Skoolgelde is ten volle vooruitbetaalbaar vir die jaar voor of op 7de Januarie 2024.
* Gelde kan in 11 gelyke maandelikse paaiemente voor die 7de van elke maand, Januarie tot November 2024, betaal word.
* Totale bedrag moet voor 7 November 2024 betaal wees. Uitstaande bedrag na die 7de November 2024 sal beide ouers oorhandig word vir invordering.
* Bogenoemde gelde is slegs skoolgelde en sluit nie skryfbehoeftes, skrifte, toere, busvervoer, kampe of buitemuurse aktiwiteite in nie.
* 10% korting sal toegestaan word slegs op skool- en kleuterskoolfooie indien die hele bedrag voor 28 Februarie 2024 vereffen word.
* Administrasiefooi van R1000 is betaalbaar vir alle NUWE inskrywings, gr. 2 tot gr.7, by die skool. ’n Administrasiefooi van R500 is jaarliks betaalbaar by Kleuterskool. ‘n Jaarlikse administrasiefooi van R100 word jaarliks gehef of elke keer as die leerder inskryf vir nasorg of kleuterskoolnasorg.
* Dit is die ouer se verantwoordelikheid om die finansiële kantoor in kennis te stel van enige adres/kontakveranderings.
* State word slegs elektronies uitgestuur. Maak asb seker van u e-posadres.
* Dit bly die ouers se verantwoordelikheid om die rekening te betaal, al ontvang hulle nie ‘n staat die maand nie.
Skoolfonds 2024
Skoolfonds | Maandeliks | Per Jaar |
Oudste en Enigste | R 1 780 | R 19 580 |
Tweede en daarna | R 1 325 | R 14 575 |
Nasorg Maandeliks Middag 13:00 – 17:30 | R 850 | R 9 350 |
Kleuterskool Gr.RRR – Gr. R 07:00 – 13:30 | R 1 700 | R 18 700 |
Kleuterskool Gr.RRR – Gr. R Nasorg 13:30 – 17:30 | R 730 | R 8 030 |
Skooltye
Graad 1 + Graad 2
7:30 – 13:00
Maandae – Vrydae
Graad 3
7:30 – 13:30
Maandae – Vrydae
Graad 4 – 7
7:30 – 13:50
Maandae – Vrydae
Hektye:
Juniorhek
Oggend
06:45 Oop
07:30 Sluit
Juniorhek
Middae 12:50 Oop
14:30 Sluit
Seniorhekke
Oggend 06:45 Oop
07:30 Sluit
Seniorhekke
Middag 13:50 Oop
15:00 Sluit
Verskaffers van Skoolklere
EKSPA
Webbstraat Northmead
011 425 3332
RYNFIELD DRAPERS
Pretoriaweg Rynfield
011 849 1619
SCHOOL & LEISURE
K90 Shopping Centre
North Rand Road
084 620 1498
011 823 4055
Tough School Wear
082 389 0844
toughschoolwear@gmail.com
Skryfbehoeftes
Kliek hier om die Skryfbehoeftes vir Graad 2 af te laai
Kliek hier om die Skryfbehoeftes vir Graad 3 af te laai
Kliek hier om die Skryfbehoeftes vir Graad 4 af te laai
Kliek hier om die Skryfbehoeftes vir Graad 5 af te laai
Kliek hier om die Skryfbehoeftes vir Graad 6 af te laai
Kliek hier om die Skryfbehoeftes vir Graad 7 af te laai
Bankbesonderhede
BANKBESONDERHEDE
ABSA Bank Benoni
Tjekrek 0220710106
Takkode 630242