Laerskool Rynfield Kultuur 2026
’n Jaar propvol prestasies, passie en kultuurgees!
By Laerskool Rynfield glo ons dat kultuur kinders se harte en stemme laat groei. 2026 was ’n jaar waar ons Rynies hul talente met trots en selfvertroue op elke verhoog en in elke arena kom wys het.
Koor
Ons spog met drie kore – kleuters, juniors en seniors. Hulle het die jaar met glans begin. Van die Collegium Musicum Koorfees tot die Ridgewood College Choir Festival, het ons leerders hul stemme laat saamsmelt in harmonie. Die Jubilaté Braaibroodjiefees en Prestige Skolereeks was optredes waar ons koorlede waardevolle ervaring opgedoen het. Ons neem ook aan groot platforms deel soos Dell’Arte en Eisteddfod, waar ons Rynies tradisioneel uitblink. Elke optrede is nie net ’n prestasie nie, maar ’n oefengeleentheid wat ons kinders se selfvertroue bou.
Redenaars, Public Speaking & Spanredenaars
Met meer as 100 leerders wat aan ons interne Afrikaanse redenaars deelgeneem het, het ons kultuurspan ’n rekordjaar beleef. Ons spog met 43 van ons top Rynies wat ingeskryf is vir die provinsiale Interskole-uitdunne, en uit ons interne Engelse redenaarskompetisie het ons ook 21 uitmuntende Rynies ingeskryf vir die Interschools Public Speaking League. Van ons Rynies het deurgedring om nasionaal te gaan deelneem – met spanne sowel as individuele sprekers wat gekwalifiseer het vir die WITS Nasionale Interskole Redenaarsliga én die Public Speaking League. Die jaar was Laerskool Rynfield die trotse aanbieder van die heel eerste Prestige Skolereeks Redenaarstoernooi, waar ons geskiedenis gemaak het: met 164 individuele sprekers en 25 spanne wat deelgeneem het, het ons die maatstaf vir die reeks gestel en die lat hoog geplaas vir die toekoms.
Debat
2026 was ’n mylpaaljaar vir debat. Ons personeel en ouers het die Con Spirito werkswinkel by Helpmekaar bygewoon om hul vaardighede te slyp. Vier spanne het aan die Con Spirito uitdunne deelgeneem waarvan 3 deurgedring het na die Finale rondte by Tulbagh in die Wes-Kaap. Vroeër die jaar het ons graad 7 seuns by die Maroela Media Dink of Sink-kompetisie as naaswenners geëindig – ’n ongelooflike prestasie vir hul eerste deelname!
Spreekkore
Ons drie spreekkore het met glans presteer en die beoordelaars behoorlik beïndruk by die Dell’Arte Kunswedstryd:
Gr. 1–3: 95%
Gr. 4–5: 94% – Itemwenners
Gr. 6–7: 95% – Itemwenners
Hierdie uitslae is ’n bewys van die harde werk, toewyding en samewerking van ons leerders en afrigters. Die kinders se energie en kultuurgees straal op die verhoog, en ons is ongelooflik trots op hul prestasies.
Kunswedstryde
Ons deelname aan Vivarte en Dell’Arte bring ’n kleurvolle palet van kunswerke, solosang en drama na die verhoog. Rynies wys hul kreatiwiteit en talent met trots, en ons skool se naam word telkens met uitnemendheid geassosieer.
By Laerskool Rynfield is kultuur nie ’n bysaak nie – dit is ’n kern van wie ons is. Van koor tot redenaars, van debat tot kuns, van spreekkore tot drama! ’n Rynie-kultuurkind is ’n volronde kind wat presteer, leer en probeer.
BY DIE RYNIES IS KULTUUR GROOT!!!
Diensbaarheid
Voortrekkers
Koor
Juniorkoor 2026
Benoni Eidsteddfod 99.2%
Juniorkoor 2024
Dell’Arte Kunswedstryd 94%
Seniorkoor 2024
Dell’Arte Kunswedstryd 92%
Kunswedstryd
Kunsklub
Revue
Baie geluk aan die revue wat 84% vir hulle eerste kompetisie vir 2023 behaal het!
Redenaars
Juniorredenaars 2024
Seniorredenaars 2024
Graad 7 Redenaars 2024
Bismarck Rall – Algehele wenner gr. 4 – 7
Conrad Hoffmann – Algehele wenner gr. 1 – 3
Declan van Wyk
Lisa Kruger
Camarin Craig
Graad 3 Spanredenaars:
Chrizander van der Merwe, Mieke Spangenberg, Mila Hauptfleisch, Wihan van der Westhuizen.
Graad 3 Spanredenaars:
Alexander van Wyk, Nadia Myburgh, Zemke Durandt, Madison Cawood.
Graad 5 Spanredenaars:
Tanya Nell, Callum Craig, Carmi Kruger, Leanay Nel.
Dramaklub